Rian van Heerden is terug met ‘n nuwe geselsprogram.
Sy nuwe reeks, Laataand by Rian, beloof om nie net oor nuus te praat nie, maar ook met interessante mense – alles om ‘n bord kos.
Van Heerden is baie geheimsinnig oor wie die gaste op die program gaan wees en kykers moet maar “wag en sien.”
Die eerste episode word op 4 Julie om 21:00 op kykNET uitgesaai.





