Rolex sluit kantoor in Suid-Afrika na 76 jaar

Lees ook :

Rolex sluit kantoor in Suid-Afrika na 76 jaar
Rolex sluit kantoor in Suid-Afrika na 76 jaar fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel stel vandag sy saak in Internasionale Geregshof

SANDTON. – Rolex gaan hulle kantoor in Sandton na 76 jaar van besigheid sluit.

Die maatskappy het aangekondig hulle sluit amptelik hulle kantoor in Junie, maar mense kan steeds hulle produkte deur die amptelike netwerk koop. Rolex het gesê hulle sluit die kantoor, want die plaaslike markte en konjunktuur het verander en daar is nie meer ‘n behoefte vir ‘n amptelike geaffilieerde kantoor nie.

Rolex is net een van vele internasionale maatskappye wat aangekondig het dit gaan nie meer besigheid in Suid-Afrika doen nie.

Shell verkoop hulle “downstream” besighede in Suid-Afrika, wat 600 petrolstasies insluit, as deel van ‘n herkonstruturering.

BNP Paribas, die sesde grootste bank in die wêreld, doen nie meer besigheid as ‘n bank in Suid-Afrika nie.

Anglo American skei ook Anglo American Platinum terwyl BHP hulle probeer oorneem.

Bronne: BusinessTech, The Citizen, Swisher Post

Lees ook: Israel stel vandag sy saak in Internasionale Geregshof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief