Roofverdagte val hom vermoedelik dood

Lees ook :

Foto's: SA Trucker

MPUMALANGA. – ‘n Roofverdagte, wat glo die bestuurder van ‘n vragmotor op die R40 by die De Rust-kruising sy slagoffer wou maak, is in sy spore gestuit toe hy vermoedelik na sy dood geval het.

‘n Vragmotorbestuurder het Vrydagaand net voor 20:00 sy snelheid vir die verdagte op die ryvlak verminder. Die passasiersruit het gebreek, waarna die verdagte, met ‘n byl gewapen, geld en ‘n selfoon geëis het terwyl hy aan die kantspieël vasgehou het. Die bestuurder het volgens berigte snelheid vermeerder terwyl hy heen en weer oor die pad geswenk het en nie meer die verdagte kon sien nie. Hy het die vragmotor later veilig omgedraai en teruggekeer na waar hy die man se liggaam op die teeroppervlak met die byl langs hom aangetref het.

Die vragmotorbestuurder het owerhede ontbied en die vermeende verdagte is dood verklaar.

Brig. Donald Mdhluli sê die insdident word deur die polisie ondersoek.

Bronne: Laevelder, SA Trucker, Rekord, Citizen

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief