Aanhangers van die musiekgroep Roxette mag maar opgewonde raak. Die groep kom in Februarie 2025 Suid-Afrika toe.
Roxette se liedjieskrywer en stigter, Per Gessle, het aangekondig SA is een van vele stoppe tydens hulle wêreldtoer. Die Sweedse sangeres Lena Philipsson sal saam met hulle toer.
Die Roxette-groep sal bestaan uit Christoffer Lundquist, Magnus Börjeson, Magnus Norpan Erikson, Dea Norberg sowel as die oorspronklike lede Clarence Ӧfwerman en Jonas Isacsson.
Hulle sal op 26 Februarie 2025 by die Grand-arena, Grand West in Kaapstad, optree. Daarna sal hulle op 28 Februarie 2025 by die SunBet-arena, Time Square in Pretoria, te sien wees.
Kaartjieverkope open amptelik op 10 Mei 2024 om 9:00 by Ticketmaster en Big Concerts.





