Rugbyballe aan jong spelers in Heilbron geskenk

Lees ook :

(Fotokrediet: AfriForum)
(Fotokrediet: AfriForum)

Die AfriForum-tak in Heilbron het in Mei ’n kontrakteur aangestel om die dorp op ’n weeklikse basis skoon te maak. ’n Vrywilliger uit die gemeenskap het aangebied om vir die kontrakteur se dienste te betaal, waarvoor die tak baie dankbaar is. Hulle het by die ingang vanaf Petrus Steyn in Langmarkstraat begin en die middelman tot by die hotel skoongemaak. Die randstene is tot by Stoffel Nelstraat skoongemaak en die gras is ook tot daar gesny. Hierdie span sal deurlopend werk om die dorp op te knap.

Verder het die tak ook in Mei rugbyballe aan die Hoërskool Heilbron se bulletjie-rugbyspan geborg. Die tak het dit goedgedink om vir hulle balle te gee, omdat dít is waar die grondslag vir die jong seuns se toekomstige rugbyloopbaan gelê word.

“Dit is lekker om weer ’n verskil in die dorp te maak. Daardie paar gewillige werkers het baie meer gedoen as wat ’n groot span van die munisipaliteit doen om die dorp netjies te kry. Dit was ook vir my ’n groot voorreg om die rugbyballe aan die bulletjies te oorhandig, want rugby is nie vir ons net ’n sport nie, maar ook ’n kultuur,” sê Gerrie Muller, die voorsitter van die Heilbron-tak.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, is hierdie volhoubare skoonmaakprojek van onskatbare waarde en dit gaan ’n groot verskil in die dorp maak. “Ons is baie dankbaar teenoor die donateur vir die skoonmaakprojek. Die AfriForum-tak sal beslis hierdie bulletjiespan se rugbyloopbaan dophou. Dis belangrik dat AfriForum in die jeug belê,” sluit Pretorius af.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief