Brekende Nuus
Afrikaans

Russiese oornagaanval op Oekraïne dood 4

Verskeie mense dood in Russiese oornagaanval op Oekraïne

fotokrediet: Canva
Verskeie mense dood in Russiese oornagaanval op Oekraïne fotokrediet: Canva

OEKRAÏNE. – Vier mense is dood en 19 is beseer nadat Rusland Saterdag oornagaanvalle op Oekraïne geloods het.

Lees ook: Zelenski sê VSA wil ‘ekonomiese sone’ in Oekraïne hê

Rusland het 97 hommeltuie en een Iskander-M-vuurpyl gebruik om Rostov, Kursk, Orel, Primorsko-Akhtarsk en Krimea aan te val. Oekraïne se weermag kon 75 van die hommeltuie keer, maar 19 het hulle teikens getref.

Die aanvalle kom te midde van Amerikaanse en Russiese afvaardigings se vredessamesprekings in Miami om die oorlog van byna vier jaar te beëindig.

Bronne: Euronews, DW, Yahoo News

Lees ook: Zelenski sê VSA wil ‘ekonomiese sone’ in Oekraïne hê