Video-opnames in berig, sluit perskonferensie van pres. Donald Trump van die VSA in.
Die Suid-Afrikaanse regering het Saterdag ’n beroep op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gedoen om dringend te vergader, aangesien dit verantwoordelik is vir die handhawing van internasionale vrede en veiligheid. Dit volg ná ’n eensydige militêre aanval, in opdrag van pres. Donald Trump, deur die VSA in Caracas, Venezuela.
Die aanval is uitgevoer met die doel om president Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores, in hegtenis te neem om aanklagte teen hulle af te dwing. Maduro en senior lede van sy regering word beskuldig van betrokkenheid by grootskaalse dwelmhandel en sogenaamde narco-terrorisme, asook bewerings dat Venezuela ‘n rol speel in onwettige migrasie-instroming na die VSA.
Die aanklagte spruit uit sake wat reeds sedert 2020 in die VSA gemaak is. Die saak sal in ’n federale hof in New York aangehoor word. President Trump het verder aangedui dat die VSA tydelike administratiewe beheer oor Venezuela sal uitoefen totdat ’n nuwe regeringsbedeling ingestel is.
Luidens ‘n verklaring van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) is Nicolás Maduro, die Venezuela-president en sy vrou, tydens die aanval gevange geneem en uit die land geneem. Volgens Dirco is die optrede in stryd met die Handves van die VN, wat lidlande verplig om hulle te weerhou van die gebruik of dreigement van geweld teen die territoriale integriteit of politieke onafhanklikheid van ’n ander staat. Die departement het verder aangevoer dat die Handves nie buitelandse militêre ingryping in die interne aangeleenthede van ’n soewereine land magtig nie.
“Sulke onwettige, eensydige gebruik van geweld ondermyn internasionale stabiliteit en die beginsel van gelykheid tussen nasies,” het die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, gesê.


"At my direction, the U.S. Armed Forces conducted an extraordinary military operation in the capital of Venezuela…This was one of the most stunning, effective, and powerful displays of American military might and competence in American history." – PRESIDENT DONALD J. TRUMP 🇺🇸 pic.twitter.com/QibvrRKsSv
— The White House (@WhiteHouse) January 3, 2026
"Maduro and his wife will soon face the full might of American justice and stand trial on American soil." – President Donald J. Trump 🇺🇸 pic.twitter.com/aFag9QOkpH
— The White House (@WhiteHouse) January 3, 2026
Bronne: Associated Press (AP News), Al Jazeera, ABC News Australia





