Die massiewe brandstofprysstyging vir Juniemaand sal die prys van ‘n basiese voedselmandjie tot omtrent R4 609 laat styg, ‘n styging van R462 die afgelope ses maande.
Sonder ‘n verlenging van die brandstofheffing sou die petrolprys Woensdag met byna R4 per liter gestyg het. Die tesourie het ‘n verlaging van die algemene brandstofheffing vir nog twee maande aangekondig.
Selfs mét die verligting van R1,50 sal die styging in die brandstofprys steeds ‘n groot impak op die vervoerbedryf sowel as verbruikers se basiese voedselmandjie hê.
Die vervoerbedryf, wat woedend is oor die brandstofprysstygings wat die afgelope paar maande ernstige uitdagings gestel het, het ook die impak van die prysverhoging op die bedryf geweeg.
Wat voedsel betref, betaal Suid-Afrikaanse verbruikers reeds byna 12% meer vir kos as wat hulle verlede jaar betaal het.
Mervyn Abrahams, programkoördineerder van die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group (PMBEJD), het gesê: “Ons het vanoggend ons huishoudelike bekostigbaarheidsindeks vir Mei vrygestel en die mandjie staan nou op R4 609.81 wat ‘n verhoging is van sowat R67 vanaf verlede maand en ‘n R462 styging oor die afgelope ses maande en ons sal net meer stygings sien as gevolg van die brandstofprysverhoging.”
Verskeie basiese voedselmandjie-items se pryse het die afgelope paar maande erg gestyg, soos koekmeel wat met 30% gestyg het, kookolie se prys het met 52% op ‘n jaargrondslag gestyf, brood kos 10% meer, die prys van geblikte sardyne het met 13% gestyg, margarien se prys het toegeneem met 15% en polonie s’n het met 36% toegeneem, om net enkeles te noem.
Ander huishoudelike benodigdhede soos paraffien sal ook met R1,56 per liter styg.
Bronne: IOL, Flipboard
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: UK oorweeg dit om SA R15 biljoen te gee om beurtkrag te help verlig