Sahpra waarsku teen “immuunversterkers” met selenium- en sinkpikolinaat vir kinders

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Reguleringsowerheid (Sahpra) waarsku teen gesondheidsaanvullingsprodukte vir kinders wat sinkpikolinaat en/of selenium bevat. Dié bestanddele is nie vir kinders onder 18 jaar toelaatbaar nie. Verkoop van sulke Kategorie D-produkte moet binne ses maande ná publikasie van die kennisgewing gestaak word. Alle betrokke produkte moet vir registrasie as Kategorie A-medisyne by Sahpra ingedien word.

Luidens ’n verklaring deur die reguleringsowerheid is sinkpikolinaat en selenium ingevolge riglyn 7.04 onaanvaarbaar weens veiligheidsrisiko’s. Sahpra sê sinkpikolinaat kan newe-effekte soos naarheid, braking, diarree en hoofpyn veroorsaak, terwyl selenium ’n risiko van oordosering inhou wanneer dit algemeen aan kinders toegedien word.

Die owerheid het verder aangedui dat verskeie van die betrokke produkte as sogenaamde “immuunversterkers” vir kinders bemark word en vir toestande soos verkoue, griep en diarree aangedui is, wat dit as medisyne klassifiseer wat registrasie vereis. “Enige produk wat sinkpikolinaat of selenium bevat en vir kinders bedoel is, kwalifiseer nie as ’n Kategorie D-komplementêre medisyne nie,” het Sahpra gesê.

Gesondheidswerkers is versoek om die verspreiding en verkoop van hierdie produkte onmiddellik te staak, terwyl die publiek aangemoedig word om dit na apteke of verskaffers terug te neem.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief