Brekende Nuus
Afrikaans

SAL se vlieëniers vlieg weer

SAL-vlieëniers staking verby

fotokrediet: Canva
SAL-vlieëniers staking verby fotokrediet: Canva

Lees ook: SAL gee inligting oor staking

Die SAL-vlieëniers se staking is amptelik verby na SAL se Vlieëniersvereniging (Saapa) en die nasionale vervoerbeweging ‘n ooreenkoms met SAL bereik het.

Volgens eNCA is ‘n ooreenkoms vroeg vanoggend bereik.

SAL-vlieëniers het Donderdag begin staak na onderhandeling vir hulle salarisverhogings ‘n dooiepunt bereik het. Die vlieëniers wou ‘n 15.7% verhoging hê, terwyl SAL ‘n 8.46% verhoging aangebied het. Die vlieëniers het die staking opgeskort ná hulle ingestem het tot ‘n 9.47% verhoging.

Bronne: eNCA, IOL, Briefly

Lees ook: SAL gee inligting oor staking