SA’ner aangehou wat neo-Nazi-byeenkoms in Australië bywoon

Lees ook :

SA’ner wat neo-Nazi byeenkoms in Australië bywoon in aanhouding geneem fotokrediet: X

AUSTRALIЁ. – ‘n Suid-Afrikaner wat vroeër die maand gesien is by ‘n neo-Nazi-byeenkoms buite die Nieu-Suid-Wallis-parlement in Australië, is in aanhouding geneem nadat sy visum teruggetrek is.

Lees ook: Busongeluk in Saoedi-Arabië eis 45 Indiese reisigers

Matthew Gruter, wat in 2022 saam met sy vrou na Australië emigreer het, het deelgeneem aan ‘n anti-Joodse betoging wat deur die National Socialist Network gereël is. Tydens die betoging op 8 November het die betogers herhaaldelik geskree “bloed en eer”, ‘n slagspreuk wat met die Hitler-jeugbeweging geassosieer word.

Die Australiese minister van binnelandse sake, Tony Burke, het gesê Gruter sal deporteer word en het gesê: “As jy met ‘n visum hier is, is jy ‘n gas. As jy ‘n burger is, is jy ‘n volle lid van die Australiese familie. Soos met enige huishouding as ‘n gas opdaag en haat ten toon stel en die huishouding aanval, kan hulle gesê word dit is tyd om huis toe te gaan”.

Bronne: BBC, SA People, Jacaranda FM

Lees ook: Busongeluk in Saoedi-Arabië eis 45 Indiese reisigers

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief