Sanger Jason Derulo wys sy hart vir Suid-Afrikaanse kinders met vriendelike gebaar

Lees ook :

Foto: Jason Derulo (X)

PARYS, FRANKRYK – Die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer Jason Derulo was onlangs in Suid-Afrika en terwyl hy in die strate van Kaapstad rondgeloop het, het hy ‘n groep skoolkinders gesien wat met ‘n leë Coke-bottel speel. Derulo het terstond na ‘n plaaslike Crazy Store gegaan om balle vir al die kinders te koop.

Die kinders het die balle opgewonde aanvaar en sy lied From The Islands (Kompa Pasión) vir hom gesing. By die video op sosiale media skryf Derulo dat elke kind verdien om te glimlag. “Ek is, omdat jy is Afrika ek is lief vir jou”. Die hartroerende video het baie trefslae gekry, met baie wat hom prys vir die mooi
gebaar teenoor die kinders.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief