PARYS, FRANKRYK – Die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer Jason Derulo was onlangs in Suid-Afrika en terwyl hy in die strate van Kaapstad rondgeloop het, het hy ‘n groep skoolkinders gesien wat met ‘n leë Coke-bottel speel. Derulo het terstond na ‘n plaaslike Crazy Store gegaan om balle vir al die kinders te koop.
Die kinders het die balle opgewonde aanvaar en sy lied From The Islands (Kompa Pasión) vir hom gesing. By die video op sosiale media skryf Derulo dat elke kind verdien om te glimlag. “Ek is, omdat jy is Afrika ek is lief vir jou”. Die hartroerende video het baie trefslae gekry, met baie wat hom prys vir die mooi
gebaar teenoor die kinders.
Every kid deserves to smile. I am, because you are 🥹 Africa I love you! pic.twitter.com/Iyqmjeu4vw
— Jason Derulo (@jasonderulo) July 29, 2024