VSA. – Kletsrymer Sean “P Diddy” Combs is slegs op twee aanklagtes skuldig bevind – die vervoer van ’n persoon om deel te neem aan prostitusie aangaande Cassie Ventura en “Jane”.
Lees ook: Kommer dat een jurielid in Sean ‘P Diddy’ Combs-verhoor nie instruksies gaan volg nie
Hy is vrygespreek op die aanklagte van sekshandel betreffende dieselfde twee persone.
Regter Arun Subramanian het Combs se aansoek om borg afgekeur. Combs het erken dat hy gewelddadig was in sy persoonlike verhoudings.
Sy prokureur het gesê Combs is nie ’n vluggevaar nie, maar sy voormalige meisie, Cassie Ventura, het in ’n brief aan die hof gesê Combs hou ’n gevaar in as hy vrygelaat word.
Combs sal in die tronk bly tot sy volgende hofverskyning vir sy vonnisoplegging. Dit is moontlik dat hy geen tronkstraf sal kry nie.
Bronne: BBC, The Sun, Sky News
Lees ook: Kommer dat een jurielid in Sean ‘P Diddy’ Combs-verhoor nie instruksies gaan volg nie





