Streng veiligheidsmaatreëls vir Durban July by Greyville-renbaan

Lees ook :

Foto: Hollywoodbets Durban July

KWAZULU-NATAL. – Die polisie en veiligheidsagentskappe sal Saterdag by die Hollywoodbets Durban July by die Greyville-renbaan ontplooi word. Die beplanning vir Saterdag deur die polisie, organiseerders en ander rolspelers is reeds weke aan die gang.

Kapt. Carmen Rhynes, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die polisie sal hoë sigbaarheid handhaaf. ’n Proaktiewe veiligheidsbenadering sal gevolg word, met polisie en wetstoepassers in en om die stadion en die stad. Polisie en wetstoepassers sal toesig hou oor die byeenkoms om vrede en stabiliteit te verseker.

Feesgangers word aangemoedig om hul goed te gedra, nie waardevolle items onbewaak te laat nie en nie onder die invloed te bestuur nie. Die gebruik van openbare vervoer word aanbeveel. Alle persone wat die stadion betree, sal deursoek word vir enige verbode items, wat sonder uitsondering gekonfiskeer sal word. Die publiek word gewaarsku dat geen skerp voorwerpe, bv. messe, toegelaat sal word nie; ook nie vuurwapens, glasbottels of alkohol nie.

Parkering is beperk. Toegang tot gholfbaanparkering is vanaf DLI Laan. Verskeie paaie sal van Vrydag laat tot Saterdag gesluit wees, insluitend dele van DLI Laan, Avondale- en Hadenstraat. Gebruik alternatiewe roetes om vertragings te vermy.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief