VSA. – Twee notas is gister aan regter Arun Subramanian gestuur toe die jurie se oorlegplegings in die federale sekshandelsaak van Sean “P Diddy” Combs begin het.
Lees ook: Jurielid oor ‘teenstrydighede’ van P Diddy-verhoor verwyder
Een nota het kommer uitgespreek dat een van die jurielede nie die instruksies van 61 bladsye, wat die regter vir hulle gelees het, gaan volg nie. Regter Subramanian het daarop aangedring dat al die jurielede sy instruksies tot die kleinste besonderhede moet volg, selfs al neem die oorlegplegings langer.
Die tweede nota het gevra vir duidelikheid oor die instruksies van die aanklagte oor die verspreiding van dwelms, wat deel was van Combs se rampokkeryklag. Hierdie nota is aangespreek en dit is moontlik dat ’n beslissing binnekort bereik sal word.
Bronne: The Mirror, BBC, The Independent
Lees ook: Jurielid oor ‘teenstrydighede’ van P Diddy-verhoor verwyder





