Selfverdedigingklasse by vyf skole in Kimberley ingestel

Lees ook :

Die Francis Baard-distrikkantoor en die Taekwondo-federasie van Suid-Afrika (SATF) het ’n vennootskap begin om leerders bewus te maak van sosiale kwessies wat die gemeenskap teister, sowel as om hulle voor te berei om die probleme wat hulle op ’n daaglikse basis ervaar te kan hanteer.

Geoffrey van der Merwe, die woordvoerder van die onderwysdepartement in die Noord-Kaap, sê: “Oor die afgelope paar maande het ons die ontydige sterftes van verskeie leerlinge aanskou. Hierdie studente is deur misdadigers geteiken en het slagoffers van misdaad in ons samelewing geword.”

Voorts sê hy: “Daarom is daar ’n nood om studente met die nodige vaardighede op te lei om hulleself buite die skoolgrond te beskerm. Selfverdediging sal onafhanklik by vyf skole as deel van die lewensoriëntering-kurrikulum vanaf gr. 4 tot 7 aangebied word. Ons vertrou dit sal boeliegedrag onder leerders stopsit en hulle in staat stel om hulleself te verdedig.”

Die program sal onafhanklik by die volgende vyf skole ingestel word:

  • Intermediêre-skool Sol Plaatje
  • Laerskool Lucretia
  • Laerskool Montshiwa
  • Laerskool Pescodia
  • Laerskool Roodepan

“Voordat ons die program by ander skole instel, gaan ons eers kyk hoe vorder dit by hierdie skole. Die welstand en veiligheid van ons leerders en onderwysers is ons top prioriteit,” sluit Van der Merwe.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief