Lees ook: Senzo Meyiwa-verhoor vertraag deur ‘verhoor-in-’n-verhoor’
PRETORIA. – Die hoofondersoeker in die Senzo Meyiwa-moordsaak het gister getuig Meyiwa is nie dood in ’n roof wat verkeerd geloop het nie, maar as gevolg van ’n huurmoord.
Brig. Bongani Gininda het getuig tydens die verhoor-in-’n-verhoor, wat plaasvind om te besluit of die verdagtes se skulderkennings in die moordverhoor gebruik kan word.
Gininda het sy beëdigde verklaring in die hof gelees waarin hy gesê het Meyiwa is dood in ’n huurmoord eerder as ’n roof.
In die dokument is aangevoer inligting wat onder eed ontvang is, het gewys Meyiwa is dood in ’n huurmoord. Dit het ook gewys die verdagtes het deelgeneem in die beplanning en uitvoer van die kontrakmoord. Die rolle van die verdagtes is ook in die dokument uiteengesit.
Kelly Khumalo, Meyiwa se meisie, het twee oproepe van een van die verdagtes ontvang voor Meyiwa se dood. Die eerste oproep was op 2 Augustus 2014 en die tweede oproep was op 15 Oktober 2014.
Meyiwa is 26 Oktober 2014 doodgeskiet in Khumalo se huis op Vosloorus.
Bronne: The Citizen, SowetanLIVE, IOL
Lees ook: Senzo Meyiwa-verhoor vertraag deur ‘verhoor-in-’n-verhoor’





