Senzo Meyiwa-moordsaak gaan voort

Lees ook :

Senzo Meyiwa-moordsaak gaan voort
Senzo Meyiwa-moordsaak gaan voort fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Senzo Meyiwa-saak tot Oktober uitgestel

PRETORIA. – Die Senzo Meyiwa-moordsaak gaan vandag voort in die Pretoria-hooggeregshof na dit in September uitgestel is.

Die saak is uitgestel na 700 foto’s van beskuldigde nommer 3, Mthobisi Mncube, se selfoon afgelaai is. Die verdediging het gevra vir tyd om met hulle kliënte en kenners oor die foto’s te beraadslaag.

Die polisiebeampte wat getuig het hy het die vyf verdagtes gesien die dag wat Senzo Meyiwa dood is, is tans onder kruisverhoor.

Konst. Sizwe Zungu het gesê die verdagtes het Meyiwa se dood gevier en hulle het glo geweet hy is dood voor die nuus bekend gemaak is.

Senzo Meyiwa is in 2014 in Vosloorus doodgeskiet in ’n beweerde roof by sy meisie, Kelly Khumalo, se huis.

Bronne: SABC, EWN, SowetanLIVE

Lees ook: Senzo Meyiwa-saak tot Oktober uitgestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief