Lees ook: Senzo Meyiwa-saak tot môre uitgestel
PRETORIA. – Die Senzo Meyiwa-moordverhoor is tot 22 Januarie 2024 uitgestel.
Die verdediging het gister vir uitstel gevra na adv. Thulani Mngomezulu gesê het hy is siek. Die staat het ooreengekom met die verdediging om die saak uit te stel en regter Ratha Mokgoatlheng het die uitstel aanvaar.
Brig. Bongani Gininda, die hoofondersoeker, moes in ’n verhoor binne ‘n verhoor, wat al die afgelope paar maande plaasvind, getuig om te besluit of die verdagtes se skulderkennings in die verhoor gebruik kan word.
Senzo Meyiwa is in 2014 in sy meisie, Kelly Khumalo, se huis in Vosloorus doodgeskiet tydens ’n roof wat glo verkeerd gegaan het.
Bronne: The Citizen, IOL, EWN
Lees ook: Senzo Meyiwa-saak tot môre uitgestel





