Sersante sterf in ongeluk

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Twee sersante van die polisie se Taktiese Reaksie-eenheid het Dinsdag in Witbank, Mpumalanga, in ‘n motorongeluk gesterf. Hulle was onderweg na Pretoria om in hofsake te getuig.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van die staatsvoertuig waarin die beamptes gery het, het glo beheer oor die voertuig verloor, wat tot die noodlottige ongeluk gelei het. Die beamptes was verbonde aan die eManguzi-taakspan in KwaZulu-Natal, waar hulle oorgrensmisdade bestry het. Die name van die beamptes sal eers bekend gemaak word nadat hul families ingelig is. Die polisie se Werknemer Gesondheid- en Welstandseenheid is intussen ontplooi om ondersteuning aan die families en kollegas van die oorledenes te bied.

Lt.gen. Puleng Dimpane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het haar medelye teenoor die families, vriende en kollegas van die oorledenes uitgespreek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief