Brekende Nuus
Afrikaans

Ses mense dood in vliegtuigongeluk

Ses mense dood in vliegtuigongeluk

fotokrediet: X
Ses mense dood in vliegtuigongeluk fotokrediet: X

OHIO, VSA. – Ses mense is dood nadat ’n vliegtuig Sondag in ’n beboste gebied neergestort het kort nadat dit opgestyg het.

Lees ook: Air India sê een enjin op ongeluksvliegtuig was nuut

Vier passasiers en twee vlieëniers is in die ongeluk oorlede toe die vliegtuig in ’n beboste gebied agter ’n huis neergestort het. Die eiennaar van die huis het vir hulp gebel nadat sy die ontploffing gehoor het.

Die nasionale vervoerveiligheidsraad en federale lugvaartadministrasie is besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Bronne: The Independent, USA Today, New York Post

Lees ook: Air India sê een enjin op ongeluksvliegtuig was nuut