GAUTENG. – ‘n Ses weke oue baba is Maandag verlate in ‘n shack aangetref toe die Malvern-polisie na ‘n toneel ontbied is.
Met die polisie se aankoms het beamptes die baba histeries hoor huil. Een van die beamptes het aanvaar dat die baba moontlik honger is en het noodsaaklike voorrade aangeskaf. Die baba is daarna veilig in ’n plek van versorging geplaas.

Bron en foto’s: SAPD

