Seun sterf toe hy glo aan afgesaagde kragpaal raak

Lees ook :

Foto's: OCAC

WES-KAAP. – Behaigo (9) het glo Sondagmiddag in Oubokkraal naby Dysseldorp ná ‘n elektriese skok gesterf. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 13:30 plaasgevind en die presiese omstandighede van die kind se dood word nog ondersoek. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Dysseldorp Primêr het Maandag op Facebook gesê: “Ou tog, kyk net die glimlag, engelkind vlieg hoog. Dis tog so seer om van Behaigo afskeid te neem. Vanoggend by die byeenkoms was die atmosfeer onder die leerders net anders, maar ons as skool gun Behaigo die rus. Rus sag engelkind. Baie sterkte aan sy ouers, maatjies en die breë families.”

Volgens Oudtshoorn Community Against Crime (OCAC) was dit ‘n afgesaagde kragpaal waaraan die seun en van sy maats glo geraak het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief