Sewe in hegtenis vir moord op vermeende kabeldief

Lees ook :

Sewe in hegtenis vir moord op vermeende kabeldief fotokrediet: Canva

PETSANA, VRYSTAAT. – Sewe verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op ‘n man wat van kabeldiefstal beskuldig is.

Lees ook: Elon Musk en prins Andrew in nuwe Epstein-dokumente genoem

Kathelo Mahlaba (23) is Woensdagaand oorlede nadat hy en nog ‘n slagoffer deur ‘n groep mense in Petsana- informele nedersetting aangeval is. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle elektristeitskabels gesteel het. Mahlaba is in sy familie se erf gelos waar hy aan sy beserings oorlede is. Die ander slagoffer kon ontsnap.

Die verdagtes, tussen 27 en 39 jaar oud, sal Maandag in die Reitz-landdroshof op aanklagtes van moord verskyn.

Bronne: SAPD

Lees ook: Elon Musk en prins Andrew in nuwe Epstein-dokumente genoem

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief