WES-KAAP. – ‘n Grootskaalse soektog na verdagtes is van stapel gestuur nadat sewe mans, tussen 20 en 30 jaar oud, Vrydagaand in Road 53, Better Life, Philippi-Oos, doodgeskiet is.
Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sĂª in ‘n verklaring speurders van die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade is aan die saak toegeken. Elke beskikbare leidraad word opgevolg om die verantwoordelikes te identifiseer en in hegtenis te neem. Die polisiebestuur het die sinnelose geweld veroordeel en bevestig dat die ondersoek geprioritiseer is om te verseker dat die oortreders vinnig voor die gereg gebring word.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.