5-jarige steeds gesoek wat deur vloedwater meegesleur is

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Siyanda Baloyi (5) het Donderdagoggend in Mbaula, buite Giyani, vermis geraak nadat hy deur vloedwater meegesleur is. Die polisie se soek-en-reddingseenhede, saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en nooddienste, soek steeds na hom.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder brig. Hlulani Mashaba, het die kind omstreeks 06:00 vermis geraak toe hy saam met sy ma uit hul huis probeer vlug het nadat dit oorstroom het. Albei is deur die sterk vloedwater meegesleur. Die ma is later deur lede van die weermag gered nadat sy teen ’n boom vasgekeer is, maar die kind kon nie opgespoor word nie.

Die polisie waarsku gemeenskappe dat riviere, strome en brûe nie tydens vloede oorgesteek moet word nie.

Enigiemand met relevante inligting om Siyanda op te spoor, word gevra om speur.lt.kol. JJ Mbalati JJ by 082 565 6491 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief