Brekende Nuus
Nuus

Skaamhaaie en 8 visspesies in V&A Waterfront se kanale ontdek

Foto: Two Oceans Aquarium Foundation

WES-KAAP. – In ’n opname van die seelewe onder die oppervlak van die V&A Waterfront in Kaapstad is onder meer twee soorte skaamhaaie en agt visspesies in die waterkanale aangeteken. Onder die geïdentifiseerde spesies is die Cape Bream, pofadder-skaamhaai en donker skaamhaai.

Die eerste mariene biodiversiteitsopname is deur die Twee Oseane-akwariumstigting en die V&A Waterfront gedoen. Onderwaterkameras is by agt plekke in die Waterfront se marina, hawe en kanale gebruik om die seelewe in dié gebiede te ondersoek. Die kanale het die grootste verskeidenheid visse opgelewer, met agt aangetekende spesies teenoor die vier in die marina. Hoewel die twee gebiede net ’n paar meter van mekaar af is, het hulle slegs een aangetekende spesie gedeel: die Cape Bream.

Die opname het ook twee soorte skaamhaaie in die kanale aangeteken, naamlik die pofadder-skaamhaai en die donker skaamhaai. Volgens die stigting beklemtoon die bevindings die belangrike rol wat stedelike mariene-omgewings as habitat vir seelewe kan speel, ook vir spesies wat bewaring benodig.

Druk hier om meer te lees en te sien.