Skep spesiale herinneringe die Moedersdag by Stodels

Lees ook :

Moedersdag is om die draai en wat is ’n beter manier om dit te vier as om kosbare tyd saam met jou kleingoed in die buitelug deur te bring? Hierdie Moedersdag, sluit op Sondag 11 Mei 2025 by Stodels Tuinsentrum aan vir ’n hartroerende, praktiese ervaring wat vir altyd by julle sal bly (en dalk ’n paar modderige hande agterlaat).

LEES OOK: Tuinmaak vir jou welstand saam met Stodels dié Meimaand

Mooiste geskenke groei met liefde

By Stodels glo ons dat die mooiste geskenke dié is wat saam met liefde groei. Of jy nou ’n ervare plantliefhebber is of vir die eerste keer tuinmaak maak, Moedersdag is die ideale geleentheid om jou liefde vir tuinmaak met jou kinders te deel.

Stodels het dit maklik en lekker gemaak vir kinders om betrokke te raak.

Kies uit maklik-oorplantbare, kindervriendelike plante soos:

  • Goudsbloem 6-pak – Helder, vrolik en perfek vir beginners
  • Aarbeie – Heerlik, pret om te kweek en ’n wenner by kinders
  • Spekboom – Stewig, waterwys en ideaal vir klein potte

Maak kosbare herinneringe

Wil jy ’n eenvoudige pot omskep in ’n kosbare herinnering? Laat jou kinders ’n pot spesiaal vir jou versier en plant dan saam iets daarin. Nie net sal dit jou tuin ophelder nie, dit sal ook julle band versterk.

Probeer:

  • Verf ’n “Mamma & Ek” pot;
  • Begin ’n mini-kruietuin om later saam mee te kook;
  • Skep ’n gesin-geheuetuin wat jaar na jaar blom

Laat Moedersdag by Stodels julle nuwe tradisie word. Spandeer tyd saam, word bietjie vuil en neem iets mooi huis toe wat jou telkens aan hierdie spesiale dag sal herinner wanneer dit blom.

Kom kuier by Stodels, klik hier om uit te vind waar jou naaste tuinsentrum is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief