Skip met gevaarlike afval verdwyn op pad na Kaapstad

Lees ook :

Foto ter illustrasie: Canva

KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse regering is ingelig oor ‘n groot Maersk-vragskip, die Maersk Campton, wat ongeveer 327 ton gevaarlike afval aan boord het en probeer het om by  Kaapstad-hawe te dok. Die skip het egter volgens berigte verdwyn nadat ‘n internasionale waakgroep, die Basel Action Network (BAN), die waarskuwing uitgereik het.

Die Maersk Campton, een van twee skepe wat 100 houers afval van Albanië na Thailand vervoer, het op 31 Julie sy Outomatiese Identifikasiesisteem (AIS) GPS-sein afgeskakel en nie in Kaapstad aangekom soos verwag nie. Volgens die SOLAS-konvensie (International Convention for the Safety of Life at Sea) van die Internasionale Maritieme Organisasie, moet die AIS-sein altyd aan wees, behalwe in geval van onmiddellike gevaar. Die skip se ligging is meer as ‘n week gelede laas opgedateer

BAN sê die vervoer van gevaarlike afvalstowwe sonder die goedkeuring van die uitvoerland (in hierdie geval Albanië), die oordragland (Suid-Afrika) en die geskeduleerde invoerland (Thailand) is onwettige afvalsmokkelary volgens die bepalings van die Basel-konvensie. Volgens berigte is Albanië nooit deur die uitvoerder oor die uitvoer ingelig nie, en Thailand is ook nie in kennis gestel nie. Verder is oordraglande, insluitend Suid-Afrika, ook nie van die versending in kennis gestel nie.

’n Tweede skip, die Maersk Candor, wat 60 houers gevaarlike afval dra, is ook op ‘n soortgelyke roete.

BAN en ander omgewingsorganisasies vra dat die skepe voorgekeer moet word en die vraghouers met afval teruggestuur word na Albanië.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief