Skoolbefondsing en ondersteuning vir 2026 in Gauteng bekendgemaak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die Gautengse departement van onderwys (GDO) het vandag (Vrydag) sy planne oor skoolbefondsing, begrotings, onderrig- en leersteunmateriaal (LTSM) vir die 2026- akademiese jaar bekend gemaak. Die departement sê dit bly verbind tot deursigtigheid, finansiële aanspreeklikheid en gehalte-onderwys in openbare skole. Dit word nie as ‘n besnoeiing nie, maar eerder ‘n regstelling bestempel.

Die departement hanteer tans ’n tekort van R444 miljoen in die huidige finansiële jaar, maar sê onderwysprogramme sal nie daaronder ly nie. ’n Verdere tekort van R160 m. word vir die 2026-mediumtermyn-uitgaweperiode voorsien, wat deur herprioritisering bestuur sal word.

Steve Mabona, GDO-woordvoerder, sê in ‘n verklaring aangepaste befondsingsvlakke vir Kwintiel 4- en Kwintiel 5-skole sal vanaf 1 April 2026 in werking tree, in ooreenstemming met die nasionale norme en standaarde vir skoolbefondsing soos gepubliseer deur die departement van basiese onderwys. Die aanpassing volg op nasionale fiskale maatreëls om hulpbronne meer billik tussen skole te versprei.

Matome Chiloane, LUR vir GDO, sê: “Hierdie proses is nie ’n begrotingsbesnoeiing nie, maar ’n regstelling om aan die nasionale raamwerk te voldoen.” Hy het bygevoeg dat Kwintiel 5-skole voortaan volgens hul eie kwintielkoers en nie meer volgens dié van Kwintiel 4 nie, befonds sal word. “Ons herbevestig die departement se toewyding aan finansiële verantwoordbaarheid, billike hulpbronverspreiding en konsekwente ondersteuning aan skole. Hierdie maatreëls wys op ’n proaktiewe benadering om beperkte hulpbronne doeltreffend te bestuur terwyl gehalte en stabiliteit in Gauteng se openbare onderwys gehandhaaf word.”

Wat onderrig- en leersteunmateriaal betref, het die GDE bevestig dat alle Artikel 21-skole hul LTSM-betalings op of voor 15 November 2025 sal ontvang. Dit verteenwoordig die oorblywende 50% van die jaarlikse subsidie en sal volgens die finale hulpbronsertifikate uitbetaal word.

Elke skool se kwintiel word bepaal deur: die inkomstes van die gemeenskap waarin die skool geleë is, die werkloosheidsvlakke in die area, die infrastruktuur en fasiliteite van die skool en die armoedevlak van die gebied – volgens nasionale data. Dus is Kwintiel 1 – die armste skole, Kwintiel 2 – baie lae inkomstegebiede, Kwintiel 3 – lae tot middelinkomstegebied, Kwintiel 4 – middelinkomstegebied en Kwintiel 5 – die mees welvarende skole.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief