Twee verdagtes in hegtenis ná Westbury-dubbelmoord – nog gesoek

Lees ook :

Foto's: Vision Tactical

GAUTENG. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die skietvoorval op 21 Oktober in Croesusstraat, Westbury, waarin twee jongmense dood en vyf ander beseer is.

Volgens brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het beamptes van die teen-bende-eenheid Woensdag 29 Oktober inligting oor die moontlike ligging van een van die verdagtes van misdaadintelligensie ontvang. Die 20-jarige man is by ’n hoërskool in Diepkloof in hegtenis geneem, terwyl hy matriekeksamen geskryf het, en het Vrydag in die Johannesburg-landdroshof verskyn. ‘n Tweede verdagte, ’n 36-jarige man wat na bewering die meesterbrein agter die skietvoorval is, is Vrydag in Westbury in hegtenis geneem. Hy sal Maandag op twee aanklagte van moord en vyf aanklagte van poging tot moord in die Johannesburg-landdroshof voorkom.

Luidens ’n verklaring deur Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoeder, het die 20-jarige beskuldigde in die hof verskyn. Hy word daarvan beskuldig dat hy saam met drie ander, wat steeds gesoek word, op ’n groep jongmense, tussen 13 en 19, geskiet het, terwyl hulle op ’n stoep gesit en hubbly-bubbly gerook het. Volgens Mjonondwane is die eerste beskuldigde vasgetrek terwyl hy sy matriekeksamen geskryf het. Die saak is uitgestel tot 6 November, vir die verifikasie van die beskuldigde se adres en sy formele borgtogaansoek.

Twee van die vyf slagoffers wat in die hospitaal opgeneem was, is reeds ontslaan. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief