Skoolhoof gekaap, ontvoer en aangeval by werk

Lees ook :

Skoolhoof gekaap, ontvoer en aangeval by werk
Skoolhoof gekaap, ontvoer en aangeval by werk fotokrediet: Canva

Lees ook: Liggame van gyselaars in Gaza gevind – Israel

MELODING. – Die skoolhoof van ’n laerskool in Meloding is gister by die werk gekaap en aangeval.

Die sekuriteitswag het vir hom die hek oopgemaak en hy het ingery. ’n Onbekende man het minute later daar aangekom en gevra om met die hoof te praat. Hy is toegelaat om in te gaan. Die wag het na die skooladministrasiekantoor geloop waar hy gesien het die hoof se voertuig is nog aangeskakel.

Hy het ingegaan om dit vir die hoof te sê toe hy gegryp is en deur die onbekende man by die kantore ingedwing is.

Die hoof was in die kantoor met sy hande agter hom vasgemaak en sy mond toegeplak. Daar was nog twee onbekende gewapende mans in die kantoor saam met hom.

Die wag se selfoon is gesteel en hy en die opsigter is ook vasgebind. Die verdagtes het met die hoof in sy voertuig weggery.

Hulle het glo geld by die skool geëis en kon dit nie kry nie. Die hoof is laat gaan en die verdagtes het gevlug.

Die polisie ondersoek sake van ontvoering, sakeroof en kaping.

Bronne: SAPD

Lees ook: Liggame van gyselaars in Gaza gevind – Israel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief