Lees ook: Liggame van gyselaars in Gaza gevind – Israel
MELODING. – Die skoolhoof van ’n laerskool in Meloding is gister by die werk gekaap en aangeval.
Die sekuriteitswag het vir hom die hek oopgemaak en hy het ingery. ’n Onbekende man het minute later daar aangekom en gevra om met die hoof te praat. Hy is toegelaat om in te gaan. Die wag het na die skooladministrasiekantoor geloop waar hy gesien het die hoof se voertuig is nog aangeskakel.
Hy het ingegaan om dit vir die hoof te sê toe hy gegryp is en deur die onbekende man by die kantore ingedwing is.
Die hoof was in die kantoor met sy hande agter hom vasgemaak en sy mond toegeplak. Daar was nog twee onbekende gewapende mans in die kantoor saam met hom.
Die wag se selfoon is gesteel en hy en die opsigter is ook vasgebind. Die verdagtes het met die hoof in sy voertuig weggery.
Hulle het glo geld by die skool geëis en kon dit nie kry nie. Die hoof is laat gaan en die verdagtes het gevlug.
Die polisie ondersoek sake van ontvoering, sakeroof en kaping.
Bronne: SAPD