Slagting op Mpumalanga-paaie eis 8 lewens binne ure

Lees ook :

Foto: Gamnat Matroos DCSSL

MPUMALANGA. – Agt mense is binne minder as 12 uur in twee afsonderlike padongelukke in Mpumalanga dood, terwyl nog 11 beseer is.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die Mpumalanga-departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê drie mense is Vrydagaand omstreeks 19:00 dood toe ‘n minibustaxi op die R40 tussen Mbombela (voorheen Nelspruit) en Barberton naby Hilltop omgeslaan het. Volgens voorlopige inligting het die taxi, wat van Mbombela na Barberton onderweg was, beheer verloor en omgeslaan. Die bestuurder en twee vroulike passasiers is op die toneel dood. Vier passasiers het kritieke beserings opgedoen, terwyl nog ses ernstig beseer is. Die beseerdes is op die toneel behandel en na hospitale in Mbombela vervoer. Een van die kritiek beseerdes het by die hospitaal gesterf.

In ‘n tweede ongeluk het nog vier mense Saterdag omstreeks 07:00 hul lewens verloor toe ‘n motor op die R577 tussen Roossenekal en Mashishing (voorheen Lydenburg) beheer verloor en omgeslaan het. Die bestuurder en drie passasiers is op die toneel dood, terwyl een passasier beseer is.

Die ongelukke word deur owerhede ondersoek. Jackie Macie, die LUR vir dié departement, het sy medelye met die families van die oorledenes uitgespreek en die beseerdes ‘n spoedige herstel toegewens. Hy het ook ‘n beroep op motoriste gedoen om verkeersreëls te gehoorsaam en verantwoordelik op die paaie op te tree om verdere tragedies te voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief