Sluit weer aan by Nicci de Wee om die keer een van haar eie spanlede op te spoor in Knal deur Bettina Wyngaard

Lees ook :

Sinopsis:

Nicci de Wee is op die spoor van ’n nuwe booswig en hierdie keer is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede word vermis. Die ondersoek sirkel egter sonder sukses rondom wie die misterieuse skim is wat talentvolle vroue so koelkop in openbare plekke teiken. Hy laat hulle oënskynlik in die niet verdwyn … met afgryslike gevolge.

En hoekom bly die klokke so onheilspellend lui? Skakel dit enigsins in met die silwer klokkies wat hulle by die misdaadtonele vind? Nicci word deur angswekkende gebeure nog dieper by die saak ingesleep en haar spanlede word in ’n verbete wedloop teen tyd vasgevang. Is hulle op die spoor van die regte duiwel, of is daar iemand selfs meer sinister agter die gruweldade wat almal tot hul uiterste beproef?

Wyngaard is ’n meester storieverteller en het geen probleem daarmee om die karakters in haar boeke af te maai nie. Kan hierdie dalk Nicci de Wee se finale speursaak wees?

Oor die skrywer: Bettina Wyngaard is die skrywer van Troos vir die gebrokenes (Jan Rabie Rapport-pryswenner), Grietjie se loutering, en die misdaadromans Vuilspel, SlaafsJagter en Lokval. Sy is ook ’n geliefde skrywer van menige LitNet-artikel en tans die voorsitter van die Andrew Murray-prysfonds. Sy het in die regte aan Universiteit Stellenbosch studeer, waarna sy vir baie jare as prokureur gewerk het. Bettina woon in die Overberg.

Kliek hier vir meer inligting: Knal by Wyngaard, Bettina | Penguin Random House South Africa

*ADVERTENSIE

Lees ook: Los raaisels op saam met Nicci de Wee in ‘Knal’ deur Bettina Wyngaard

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief