PARYS, FRANKRYK. – ‘n Soektog na vier diewe duur voort wat Sondagoggend helder oordag by die Louvre-museum in Parys ingebreek het en verskeie juwele van onskatbare waarde gesteel het. Die Louvre is die grootste museum in Frankryk waar onder ander die Franse kroonjuwele gehuisves word.
Lees ook: Memoir van Virginia Giuffre beskuldig prins Andrew van seksuele misdrywe
Die diewe het toegang tot die Galerie d’Appollon deur ‘n vraghysbak gekry, vensters gebreek en binne sewe minute verskeie items gesteel. Juwele van onskatbare waarde is deur twee diewe uit glaskaste met die hulp van kraggereedskap gesteel. Hulle het die wagte gedreig wat die museum van besoekers ontruim het en voortgegaan om juwele uit glasuitstallings te buit. Twee items is later buite die museum opgetel, die een ‘n kroon wat waarskynlik aan keiserin Eugénie behoort het.
Die booswigte het op twee bromponies gevlug nadat hulle nie daarin kon slaag om hulle voertuig aan die brand te steek nie. Laurent Nuñez, minister van binnelandse sake, het gesê die hele voorval was binne sewe minute verby.
Bronne: CBS News, BBC, ECR
Lees ook: Memoir van Virginia Giuffre beskuldig prins Andrew van seksuele misdrywe





