HAWSTON OVERSTRAND. – Die JFFC Community Football Federation het sy 2026-toernooiseisoen na afloop van ’n werkswinkel vir afrigters, skeidsregters en bestuurders in Hawston afgeskop.
540 jong spelers is op die openingsdag verwelkom. Met ouers en ondersteuners ingesluit was die bywoning digby 1 000.


Spelers vanaf junior laerskool tot hoërskool is verwelkom. Leerders van skole wat nie die sport aanbied nie, is die geleentheid gegee om te speel.
Baie van die klub se spelers kom uit Hawston, Mount Pleasant en Zwelihle, het Grant Gillion, ’n senior inspekteur in die Munisipale Wetstoepassingspan en deel van Hawston Football Club, verduidelik. Hy sê voorts dat sokker vir baie jongmense ’n positiewe uitlaatklep bied om aktief en gefokus te bly en weg te bly van misdaad.
Die volgende sokkerdag sal op 21 Maart in Elgin plaasvind. Dit word gevolg deur Toernooi #3 op 11 April 2026 in Hawston, aangebied deur Hawston Football Club. Toernooi #4 sal op 2 Mei in Bredasdorp gehou word, gevolg deur 23 Mei in Mount Pleasant. Daarna op 13 Junie by Spaces for Sport in Gansbaai en 4 Julie in Botrivier. Die Toekenningsdag vind op 1 Augustus by die Thusong-sentrum in Hawston plaas.
Lees ook: Hisense Suid-Afrika skenk R240 000 vir sokkerster.
Bron: Overstrand Munisipaliteit





