Soldate maak geskiedkundige beslaglegging op ortopediese toerusting

Lees ook :

Foto's: SANW

LIMPOPO. – Die SANW het geskiedenis gemaak met die beslaglegging op ortopediese chirurgiese toerusting en -implantate ter waarde van meer as R500,000.

Die mediese toerusting, waarvan die waarde op R735,400 te staan gekom het, is aan gesondheids- en doeane-owerhede by die Beitbrug-grenspos oorhandig, terwyl voertuie aan die polisie oorgedra is om verder ondersoek te word. Die sukses is deur soldate tydens grensbewakingsoperasies oor twee weke behaal, iets wat nog nooit voorheen vermag is nie.

Onder die herwinde buit was ‘n BMW X3 xDrive20d, ter waarde van byna R1.16 miljoen. By Echo-stasie 2, een van die kontrolepunte, het ‘n skietgeveg met ‘n groep verdagtes uitgebreek, voordat daar op onwettige sigarette van meer as R600 000 beslag gelê is. Een van die verdagtes was in buitelandse militêre drag geklee.

By ‘n ander punt, bekend as die steunbasis, het verdagtes probeer wegkom deur met hul Toyota Hilux reg in die Limpopo-rivier in te ry, wat die polisie genoodsaak het om later te help om die voertuig, ter waarde van R195,000, uit die water te trek. By Sand Quest is nog ‘n voertuig, ‘n GWM-dubbelkajuitbakkie ter waarde van R567,000 in beslag geneem. Gedurende dieselfde periode is 87 mense wat sonder geldige dokumentasie in die land was, vasgetrek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief