GAUTENG. – Solidariteit het klagtes by die Verenigde Nasies (VN) en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien oor Bidvest se skoolhulpskema wat wit werknemers uitsluit.
Die program bied hulp vir werknemers wat minder as R15 300 per maand verdien, maar slegs aan swart, bruin en Indiër werknemers. Solidariteit is van mening dit is diskriminerend en in stryd met die Grondwet en internasionale ooreenkomste.
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê ’n klasgebaseerde benadering sou meer regverdig wees. ’n Vorige versoek aan Bidvest om die program te hersien, is geïgnoreer. Solidariteit dryf nou ook ’n petisie gerig aan Bidvest en sy filiale. Die filiale van Bidvest en verwante ondernemings en handelsmerke aan wie die petisie gerig kan word, sluit McCarthy, Protea Coin, Waltons, Harvey World Travel, Rennies Travel, Plumblink, Konica Minolta, King Pie, Cecil Nurse, LK’s-braaitoerusting, Yamaha Suid-Afrika, Dekra, Leisure Quip, Waco Industries, Matus en Adcock Ingram in.
Sien Solidariteit se skrywe aan die SAMRK hier. Druk ook hier om Solidariteit se volledige verklaring te lees.
Sien Solidariteit se skrywe aan die SAMRK hier. Druk ook hier om Solidariteit se volledige verklaring te lees.