KENIA. – ’n Bus van die Kenia Pipeline-maatskappy en ‘n trein het gister by die Morendat-aansluiting in Naivasha, Kenia, gebots. Agt mense is in die ongeluk oorlede.
Lees ook: Geen boeliery by prins Harry se liefdadigheid gevind nie
Die bus het oor die treinspoor probeer ry toe die trein reeds op pad was. Alhoewel die masjinis probeer het om die noodrem te gebruik, was daar nie genoeg tyd om die botsing te keer nie.
Die bus het Kenia Pipeline-werkers ná die oggendskof huis toe geneem. Kenia Pipeline het gesê werkers wat kritiek beseer is, sal per lugbrug vervoer word.
Die ongeluk word ondersoek.
Bronne: The Star, SABC, DevDiscourse
Lees ook: Geen boeliery by prins Harry se liefdadigheid gevind nie





