GASA. – Sowat 18 Palestynse burgers is dood nadat ’n Israeliese hommeltuig ’n mark in Gasa getref het.
Lees ook: Kouefront duur voort, waarskuwing vir vandag uitgereik
Volgens ooggetuies was die teiken ’n Hamas-polisieeenheid wat handelaars daarvan beskuldig het dat hulle pryse opstoot en items verkoop wat van noodhulptrokke af gesteel is.
Ander getuies het gesê die polisieeenheid was besig om sakke meel en ander goedere uit te deel wat gekonfiskeer is by handelaars en plunderaars wat dit by die noodhulptrokke gesteel het toe die aanval plaasgevind het.
Die Israeliese weermag het nog nie kommentaar oor die aanval gelewer nie.
Bronne: BBC, The Independent, US News
Lees ook: Kouefront duur voort, waarskuwing vir vandag uitgereik




