GAZA. – Sowat 23 mense is oornag dood na Israeliese aanvalle op Gaza.
Lees ook: Kommer oor tsoenami na 6.7-aardbewing naby NZ se Suideiland tref
Volgens die Nasser-hospitaal in Gaza is ’n familie van vyf, twee ouers met hulle drie kinders, in Khan Younis oorlede na hulle tent deur ’n lugaanval getref is. Volgens die hospitaal is nog vier liggame van twee ander aanvalle ook na die hospitaal geneem.
Die Al-Aqsa Martyrs-hospitaal het ses liggame ontvang van die drie aparte aanvalle. Nog drie persone is in die Nuseirat-vlugtelingkamp dood.
Die gesondheidsministerie het gesê vyf mense is dood na ’n aanval op ’n residensiële gebou in Gaza-stad en 12 is gewond.
Twee joernaliste is ook gister in Israeliese aanvalle gedood, onder wie Hossam Shabbat wat vir Qatar se Al Jazeera netwerk gewerk het.
Israel het sy lugaanvalle hervat en kosvoorraad na Gaza afgesny om Hamas te forseer om nuwe voorwaardes vir ‘n skietstilstand te aanvaar en meer gyselaars vry te laat. Owerhede in Egipte werk intussen aan ’n nuwe voorstel om die skietstilstand tussen Israel en Hamas weer te probeer instel.
Bronne: Euronews, US News, The Irish News
Lees ook: Kommer oor tsoenami na 6.7-aardbewing naby NZ se Suideiland tref





