Sowat 33 miljoen mense se data in Frankryk gesteel

Lees ook :

33 miljoen mense se data gesteel in Frankryk
33 miljoen mense se data gesteel in Frankryk fotokrediet: Canva

FRANKRYK. –  Die data van 33 miljoen mense is in Frankryk gesteel in die land se grootste kuberaanval ooit.

Twee Franse diensverskaffers van mediese versekeringmaatskappye het die week bevestig hulle is geteiken en miljoene mense se data is gesteel.

Die kuberkrakers het by die sisteem ingekom deur die inligting van gesondheidswerkers te gebruik. Mense se huwelikstatus, geboortedatum, sosialesekuriteitnommers, die naam van hulle versekeraar en wat deur die polis gedek word, is gesteel.

Geen banknommers, mediese inligting, selfoonnommers of e-posadresse is gesteel nie.

Kuberaanvalle begin al hoe meer toeneem en almal word gewaarsk om nie op enige vreemde skakels te kliek nie.

Bronne: Euronews, Cyber Daily, First Post

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief