GAUTENG. – Sowat 50 beeste het weens die uiterste koue, swaar reën en sterk winde in Refengkgotso naby Deneysville gevrek.
Die NDBV en die Vereeniging- & Vanderbijlpark-DBV was in die gebied om oorlewende diere te help. Inspekteurs het talle dooie diere aangetref, terwyl ander dringend beskerming teen die gure weer benodig het. Die spanne het tydelike skuilings en windskerms opgerig en diere waar moontlik na droër beskutting verskuif. Paaie was op plekke onbegaanbaar, wat die reddingspoging bemoeilik het.
Die DBV het ‘n beroep op die publiek gedoen vir skenkings van skadunet, materiaal vir skuilings, hooi, waterhouers, reënjasse en rubberstewels.
Bronne: NSPCA – National Council of SPCAs, Vereeniging & Vanderbijlpark DBV





