Speurder rig belowende atleet af

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Kol. Wilmo Vermeulen, ‘n speurder van ‘n provinsiale georganiseerde eenheid, het Tumiso Nteeo (16) van Kimberley onder sy vlerk geneem en in verspring afgerig.

Lt.kol. Sergio Kock sê Vermeulen het dit as deel van Mandeladag-vieringe gedoen en sê: “Maak elke dag ‘n Mandela-dag,” maar inderwaarheid is die afrigting al vir die laaste jaar aan die gang.

Tumiso Nteeo van Greenpoint is ‘n gr. 10-leerder van Boys High School en het ‘n passie vir verspring. Nteeo het onlangs aan die Suid-Afrikaanse verspringkampioenskap deelgeneem en het ‘n sesde posisie verower.

Vermeulen sien groot potensiaal in Nteeo en sal hom in September na ‘n atletiekkamp by Sundown Country Estate naby Sun City vergesel.

“Die elitekamp word deur top- nasionale en internasionale afrigters sowel as atleetverkenners (scouts) van regoor die land bygewoon.”

Kock sê Vermeulen is ook die polisie se nasionale afrigter vir kort afstande, verspring en hekkies.

“Vermeulen het ook verdere ondersteuning vir Nteeo van PSG Urban Corner in Kimberley verkry wat die behoefte opgemerk het en ook besluit het om ‘n tasbare verskil te maak met betrekking tot die Mandeladag-tema 2024.

“Dit is steeds in ons hande om armoede en ongelykheid te bekamp. Kol. Wilmo Vermeulen se sentiment is dat ons aan gemeenskapsamewerking moet deelneem, behoeftiges rondom jou moet identifiseer en doen wat jy kan om ‘n verskil in hul lewens te maak.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief