Speurder vas nadat klaer glo afgepers is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – ’n Speursersant (43) van die polisie is Vrydag tydens ’n geheime lokval agter die Sasolburg-polisiekantoor op aanklagte van korrupsie en afpersing in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting vandag op die aanklagte in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

Brig. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die operasie is deur lede van die teenkorrupsie-eenheid uitgevoer nadat die beweerde afpersing aangemeld is. Volgens die polisie het die speurder die klaer op 5 Julie by sy woning gaan soek, maar hom nie tuis aangetref nie. Toe hy die volgende dag terugkeer, het hy die man ingelig dat ’n saak van aanranding teen hom aanhangig gemaak is.

Die speurder het na bewering daarna voorgestel dat die saak buite die regstelsel afgehandel kan word om ’n inhegtenisneming te voorkom. Die klaer is glo oorreed om R2 000 per elektroniese oorplasing te betaal. Woensdag het die beweerde afpersing voortgeduur toe die speurder volgens die polisie beweer het dat ’n verdere R10 000 nodig is omdat die aanklaer dit sou eis om die saak terug te trek. Die klaer het aangedui dat hy nie die geld beskikbaar het nie, maar sou reëlings tref.

’n Lokvaloperasie is goedgekeur en Vrydag uitgevoer nadat die saak aangemeld is. Die speurder is in hegtenis geneem toe hy die geld by die klaer ontvang het. Die gemerkte lokvalgeld is volgens die polisie in sy besit gevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief