Stadskliniek stel weer teleur

Lees ook :

Die stadskliniek in Bultfonteinweg in Kimberley het weer eens nie medikasie vir psigiatriese pasiënte nie en van hulle is vanoggend weggewys.

Intellektueel gestrem

’n Leser het aan FiND iT vertel haar broer, wat intellektueel gestrem is en probleme met sy humeur het, het vanoggend al 05:00 gaan sit en wag by die stadskliniek, net om vroeg na 08:00 weggewys te word.

“Hy het opgestaan en toonbank toe gegaan nadat die administratiewe dame hom geroep het. Na ’n lank ruk het ek ook opgestaan om te hoor wat die probleem is. Ek het die dame op ’n mooi manier gevra wat aangaan, toe sy ergerlik vir my sê daar is nie pille nie en die dokter is nie hier nie.”

Ons het ’n afspraak gehad

Sy vertel ook hoe haar broer en al die ander pasiënte wat vandag daar gewag het, ’n afspraak gehad het om die dokter te sien. “Daar is net gesê hulle het nie die medikasie nie en ons moet op 26 Junie 2019 terugkom om die dokter te sien. Dit is ook nie die eerste keer dat ons weggewys word omdat daar nie medikasie is nie.”

“Indien my broer nie sy medikasie ontvang en dit reg gebruik nie, moet ons net vure doodslaan, totdat hy weer sy medikasie kan kry.”

Geen kommentaar

FiND iT het die departement van gesondheid gekontak vir inligting, maar geen kommentaar is teen druktyd ontvang nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App