Weeklikse Woensdag-resep: Sinkplaataartappels

Is jy op soek na idees vir bykosse? Hierdie resep vir heerlike aartappels sal saam met amper enige dis werk. BESTANDDELE: 800 g baba-aartappels, afgespoel80 ml geurige knoffelbotter4 sprietuie fyngekerf met groen stingel en al15 ml repies suurlemoenskil45 ml suurlemoensapsout en peper2 – 3 wiele fetakaas, in 2 cm...

Illustrasie Canva en Marinda kook

Is jy op soek na idees vir bykosse? Hierdie resep vir heerlike aartappels sal saam met amper enige dis werk.

BESTANDDELE:

800 g baba-aartappels, afgespoel
80 ml geurige knoffelbotter
4 sprietuie fyngekerf met groen stingel en al
15 ml repies suurlemoenskil
45 ml suurlemoensap
sout en peper
2 – 3 wiele fetakaas, in 2 cm blokke gesny of gebreek

METODE:

1. Kook die aartappels in ‘n kastrol met soutwater tot sag. Dreineer en sit terug in kastrol.
2. Voeg die knoffelbotter en sprietuie by en laat die botter smelt. Braai tot die sprietuie effens glaserig raak.
3. Voeg die suurlemoenrepies en -sap by en breek dan die aartappels grofweg met die vurk.
4. Geur na smaak en roer die feta liggies deur. Skep in ’n mooi bak en bedien.

Besoek Marinda Kook se webtuiste vir meer sulke resepte.

Bron: Marinda Kook  

Lotto uitslae vir 20 April 2024

Groenewald en Greeff se appèl suksesvol

Omstanders gryp glo vrag van brandende vragmotor

Vier sterf in ongeluk naby Port Shepstone

Bejaarde man se liggaam by Gqeberha-gholfklub gevind

Man wat vrou vermoor, opsny en kook se parool weer geweier

Willem Botha spog met eie parfuum

Onbekende mans sterf toe vragmotor hulle voertuig tref

Mooiweer die naweek verwag

Universiteit van Fort Hare gee binnekort graad aan 19-jarige

Powerball uitslae vir 19 April 2024

Man kry lewenslange vonnis vir verkragting van meisie (12)

Boer soek ’n Vrou se PF en Chantelle verwag ’n dogtertjie

Verdagte op rooftoneel doodgeskiet

 Kyk: Jan Jan Jan en dansende Kwagga vermaak