JAMAIKA. – Orkaan Melissa, die sterkste storm van 2025, gaan Jamaika vandag na verwagting tref. Sewe mense het reeds in die Karibiese Eilande as gevolg van die kategorie 5-orkaan omgekom. Drie mense is in Jamaika oorlede, drie in Haiti en een in die Dominikaanse Republiek.
Lees ook: Israel ontvang liggaam van vermeende Gasa-gyselaar
Die orkaan sal na verwagting in felheid toeneem, met baie reën en wind wat ‘n snelheid van 282km/h kan bereik. Kenners het gewaarsku oor swaar reën in sommige gebiede, met ‘n waarskuwing teen oorstromings en grondverskuiwings.
Andrew Holness, die eerste minister van Jamaica, het gewaarsku orkaan Melissa kan die sterkste storm in die eiland se geskiedenis wees.
Bronne: BBC, The Independent, ABC News
Lees ook: Israel ontvang liggaam van vermeende Gasa-gyselaar





