GASA. – Israel het bevestig dit het gister ‘n kis deur die Rooikruis in ontvangs geneem wat volgens Hamas die liggaam van ‘n Gasa-gyselaar bevat.
Lees ook: Egipte en Rooikruis sluit aan by soektog na gyselaars se liggame
Die Israeliese weermag het gesê die liggaam sal aan forensiese toetse onderwerp word om die identiteit daarvan te bevestig.
As die liggaam dié van ‘n gyselaar is, sal 16 van die 28 oorlede gyselaars se oorskot nou oorhandig wees.
Die jongste liggaam is gevind nadat die Israeliese regering ‘n Hamas-lid toegelaat het om saam met die Rooikruis en Egipte na liggame te soek in die gebied wat deur Israel beheer word.
Israel het Hamas voorheen daarvan beskuldig dat hulle die skietstilstand oortree deur nie al die liggame te oorhandig nie, maar Hamas het gesê dit het hulp nodig om die liggame te vind omdat dit onder puin vasgekeer is.
Bronne: BBC, CNN, DW
Lees ook: Egipte en Rooikruis sluit aan by soektog na gyselaars se liggame





