Brekende Nuus
Leefstyl

Sterre maak stem dik teen ICE by Grammys

Kunstenaars soos die Puerto Ricaanse megaster Bad Bunny en die Britse sangeres Olivia Dean, sowel as die countrysanger Shaboozy, Billie Eilish en Gloria Estefan, het hulle teen die Trump-administrasie se volgehoue optrede teen immigrante  uitgespreek tydens hulle toesprake op die verhoog by die Grammy-toekennings.

Volgens die BBC is veral Minneapolis deur hierdie optrede geraak, waar federale agente onlangs twee Amerikaners doodgeskiet het, wat tot protesaksie dwarsoor Amerika gelei het.

President Trump het gesê hulle gaan “’n bietjie afskaal” met optrede teen immigrante  in Minnesota.

Bronne: BBC, Harper’s Bazaar